Winde reshuffle sy kabinet (Wittes nog steeds in beheer van key departments)
'So Winde verkies om advise te vat van 'n bekende liegbek terwyl hy vir Fritz begrawe wat nou nog wag vir sy dag innie hof om sy kant van die storie te stel'
David Maynier (links) is as die nuwe LUR vir Onderwys aangeswys terwyl Debbie Schäfer (regs) besluit het om terug na haar roots te gaan in Europa.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het veranderings aan sy kabinet aangekondig en sy LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, vervang met David Maynier as die nuwe LUR ná Schäfer se besluit om by haar familie in haar vaderland aan te sluit ná agt jaar in hierdie belangrike pos waar sy skole in Inheemse Kaapse gebiede gesluit het en nuwes in onwettige besette swart gebied gebou het.
Maynier was die LUR van Finansies en Ekonomiese Geleenthede, 'n Departement wat Oos-Kaapse swart entrepreneurs bo Inheemse Wes-Kapenaars AKA as "kleurlinge" bevoordeel het.
Lees ook| NaarheidWaarheid Facebook Page post
So hierdie uiters belangrike department, die Onderwys department wat veral die Bruin kind op die flêts wat meestal Afrikaaps magtig is se skool program nadelig beinvloed word vanaf die een European na die ander deur 'n European oorgedra.
NaarheidWaarheid sou verkies het dat 'n Inheemse Kaapenaar die pos vul, maar nou ja dis deur die keuses wat ignorant “kleurlinge" by die stêmbus maak wat veroorsaak dat Bruinmense of Bruin kinders in hierdie geval altyd agter in die ry sal staan.
Mireille Wenger is aangestel as die MEC vir Finansies en Ekonomiese geleenthede om die wit business owners gelukkig te hou. Foto: Daily Maverick
Inelkgeval, die departement van Finansies en Ekonomiese geleenthede sal nou aan die hoof staan van die nou voormalige DA-hoofsweep in die Wes-Kaapse wetgewer, Mireille Wenger - Weereens word 'n uiters belangrike portfolio vanaf die een European na die ander deur 'n European oorgedra as of daar nie 'n capable Bruin vrou of man was om die departement te lei nie sodat ten minste Bruin entrepreneurs ook 'n kaans kon gestaan het om bevonds te word om besighede in hul tuisland te begin.
So veral jy wat na jouself as "kleurling" verwys en DA skree moet regtig jou kop laat lees as jy nou nog hierdie siek rasistiese party wat nie jou belange op die hart dra nie ondersteun.
Die provinsiale administrasie moes herskommeling word ná die surprised bedanking deur die onderwys-LUR en die valse seksbewerings wat Winde en JP teen die voormalige LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, gebring het, wat die premier as "nie geskik en behoorlik" geag het nie, terwyl die voormalige LUR vir vervoer en openbare werke Bonginkosi Madikizela wat gelieg het oor 'n degree wat hy ge-claim het hy het ge-resurfaced het as 'n advisor to Winde.
Premier Allen Winde kondig sy reshuffled provinsiale kabinet aan by die Century City-konferensiesentrum aan Foto: EWN
So Winde verkies om advise te vat van 'n bekende liegbek terwyl hy vir Fritz begrawe wat nou nog wag vir sy dag innie hof om sy kant van die storie te stel.
Wes-Kaapenaar wat DA gestêm het, jou premier is 'n leunaar dis appoint hy liegbekke as advisors en luister na geliegtery deur skinnebekke soos sy European broer JP Smith wat nie onder die toesig van 'n inheemse Wes-Kaapenaar wou werk nie.
Winde het ook drie nuwe portefeuljes genoem...
*Departement van Infrastruktuur,
*Departement van Mobiliteit en die
*Dept van polisie-toesig en gemeenskapsveiligheid.
Die aankondiging is Vrydag gemaak ná ’n ontmoetingsdag met burgemeesters en plaaslike regeringsverteenwoordigers in die provinsie, wat by die Century City-konferensiesentrum aangebied is.
Tertuis Simmers wat die DA se skewe “integration“ behuising projekte goedkeur se department se naam is ge-change Foto: Facebook
Tertuis Simmers, wat die LUR vir menslike nedersettings was, is aangestel as die LUR vir die departement van infrastruktuur.
Die Departement van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid wat eintlik net 'n vermorsing van geld is, sal gelei word deur die nou voormalige DA-LP Reagan Allen (en) Daylin Mitchell (voorheen LUR vir vervoer en openbare werke) is as die LUR van die departement van Mobiliteit aangestel.
DA-LP Reagan Allen sal nou Dien as die MEC vir die toothless Departement van polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid Foto: WordPress
Winde het Anroux Marais bedank dat hy die gemeenskapsveiligheidsportefeulje bymekaar gehou het in die nadraai van die fabricated Fritz-skandaal waarvan niemand tot vandag toe na vore gekom het om 'n saak te open teen Albert Fritz nie.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking