Cape "Coloured" Congress oorweeg 'n name change

'Die indigenous mense innie metropool Kaapstad was nooit regtig polities aktief in die nuwe Suid-Afrika nie, en het maar onlangs by die politiek betrokke geraak danksy die formasie van die suksesvolle Gatvol beweeging en die Cape "Coloured" Congress.' 
Die poll wat innie Cape "Colored" Congress se Facebook group run. 

My tjomie sê vir my "Die Cape Colored Congress gaan hulle naam change, maar hulle weier om die term colored te drop".

Ek verstaan toe nie die besigasie nie en wou meer weet, maar meer kon hy My nie vertel nie, and being truth loving, wou NaarheidWaarheid nie die min aanvaar nie en vra toe 'n vriendin vir meer info.

Sy stuur my toe 'n screenshot wat lees: "As we mentioned previously, the Cape Coloured Congress will be changing it's name. We are encouraging all of our members Country wide to participate in this. Below are a few options. You may also add your suggestions in the comment section. Just to note, we will be keeping the term "coloured" in our name. We are looking forward to having a new name soon!" - Sakeena Frenchman admin van die CCC Facebook groep.

Hier is hulle opsies:
1. National Coloured Congress
2. South African Multiracial Congress
3. The Colored Congress.

So die CCC kry nou amptelike 'n national identity en met die naamsverandering en die opsies wat gelys word, is dit met geen twyfel dat die eers Cape-Centric Gatvol movement nou hul national footprint wil vergroot.

Dit mag dalk net 'n positiewe uitwerking op die party se nasionale ambisie hê, maar om vir almal die geklasifiseerde "Coloureds" landswyd te wil praat, wel dit wil gedoen wees. 

So inplaas van 'n naamsverandering, hoekom nie net strategie verander en fokus om eerder die Wes-Kaap vanaf die DA te wen nie in plaas van resources nasionaal wil stretch nie?


Met geklasifiseerde "coloreds" wat net sowat 10% van die nasionale bevolking verteenwoordig, waarvan die helfte te jonk is om te kan stêm en waarvan diegene wat wel kan stêm net nie belangstel om te stêm nie will die suksesvolle metro-Kaap party nog voordat hulle ander plaaslike rade regoor die Wes-kaap dien, nou amptelik nasionaal meeding.

Voor die November verkiesings was die verwagting dat die CCC in beheer van Kaapstad sal wees, maar dinge het toe nie volgens verwagtinge afgeloop nie en die party wie se leier op potensiale voters vloek  moes toe maar settle met 3% van die stemme of 7 setels in die Kaapstadse stadsraad.

In die Wes-Kaap algeheel het die party 1.7% van die provinsiale stem ge-score en kon nie 'n enkele wyk wen nie, nie eers in hul stronghold Mitchell's Plain nie. 

Die party kon dalk beter gevaar het sou hulle genoeg fondse gehad het en of course hul leier sy emotions better kon beheer het. 

So inplaas daarvan om te fokus op hoe om Kaapstad en die Wes-Kaap vanaf die DA te wen weens 'n baie klein begroting, verkies die "colored" congress nou om eerder 'n nasionale party te word.

Ook was daar in die onlangse munisipale verkiesings bewys dat 'n groot getal Wes-Kaapenaars hul plaaslike partye bo nasionale partye kies, 'n trend wat die CCC se baie “smart“ leierskorp eerder moes bestudeer het.

Hiers 'n paar voorbeelde van plaaslike (Bruin) partye wat op tuisgebied gefokus het en redelik goed gevaar het in die 2021 munisipale verkiesings.

•In Kannaland wen ICOSA met 45% van die stêm, nog 'n plaaslike party op die dorp, die Kannaland Onafhanklik vereenig 7% van die dorp se stemme op hulle.

•Op Laingsburg eindig die Karoo Democratic Force tweede met 25% van die stemme en die Karoo Onwikkelings Party wen 6% en

•In die Cederberg beklee die 7maande oud Cederberg Eerste Party tweede plek oppie bord met 27% van die stemme getel.

•Die Breedevallei Onafhanklik eindig 3de met 10% op Worcester.

•Op Prince Albert eindig die plaaslike Karoo Gemeenskap Party tweede op die dorp met 23% van die stemme (en)

•In die Wes-Kaapse tweede grootste stad, George het die Plaaslike Besorgde Inwoners party met 10% derde geindig.

Die CCC kon nie dieselfde syfers oppie bord sit nie en moes met net 7% reverse wees weëns verskeie redes wat insluit 'n baie klein budget, (nie dat die ander bogenoemde party miljoene gehad het om met te speel nie) maar ook leierskap arrogansie wat potential voters en voormalige ondersteuners ge-alienate het.

Van al die bogenoemde partye dink NaarheidWaarheid het die CCC die grootste kaans gehad om die provinsie vanaf die DA in 2024 te wen omdat hulle die grootste deel van die voter pie geniet in 'n gebied wat goed geografies geleë is en maklik bereikbaar is.

Maar met 'n klein begroting en met tot geen verteenwoordigers in verskeie munisipale gebiede buite die stad, mag dit dalk net 'n pypdroom wees.

Geklasifiseerde "coloreds" verskil tog van dorp tot streek en al is ons mense se probleme dieselfde, is daar te veel verskille en moet daar regtig goed besin word of dit 'n goeie idea is om 'n nasionale "colored" party te wees (vir nou).

Hoekom nie die Kaap of Wes-Kaap eerste behoorlik poll nie? Op die oomblik appeal die CCC nie vir die mense op die Wes-Kaapse plattelandse gebiede en dorpe nie, nou wat nog van nasionaal?

Net so-ook appeal byvoorbeeld die Karoo Gemeenskap Party en ICOSA nie vir die Metro-Kaapenaars nie, so is 'n nasionale party werklik' n goeie idea met die uitsluiting van business man Gayton Mckenzie se inclusive party?

Wat eintlik moet verander is strategie en om te let go van die term "colored", Cape indien die party nasionaal will meeding en ook "congress" - 'n groep ape innie wild word 'n kongres van ape genoem.

Fadiel Adams en sy advisors, wieookal hulle is moet onthou dat die era van race politics very is.

Daar is eenvoudig nie meer plek vir race politics in Suid-Afrika nie, dis nou die era van streeks politiek en kwaliesie regeerings.

Daar is gedurig 'n agenda om Bruinmense op te-set vir disaster en meestal van die tyd speel "coloureds" to reg in hul oppressor se guns.

Race politics is outdated en dis bewys met partye soos die Patriotic Alliance en ActionSA in die plaaslike verkiesings.

En nee, die Patriotic Alliance word nie deur die ANC ge-fund nie en het nie hul voters uitverkoop soos GOOD se aunty Pat met haar ID voters gemaak het nie.

Die Patriotic Alliance het 'n "power sharing deal met die ANC" waarvan die Bruinmense waar die party in beheer is die meeste benefit. (NaarheidWaarheid moes dit noem omdat dit die leun is wat veral die CCC op hul Facebook groep verkondig).

Inelkgeval, Bruinmense en ander Suid-Afrikaaners het 'n common enemy en daar moet saamgewerk word om die enemy te klop.

Almal Bruin en Swart gaan gebuk onder misdaad, gangsterism, drugs and alcohol abuse en ander sosiale issues terwyl ons huis volgesit word met neighbours wat nie eers vannie buurt issie omdat ons ope hartig is en almal bejammer behalwe ons self.

Die indigenous mense innie metropool Kaapstad wat nooit regtig polities aktief in die nuwe Suid-Afrika was nie, het maar onlangs by die politiek betrokke geraak danksy die formasie van die suksesvolle Gatvol beweeging en die opvolgende Cape "Coloured" Congress wat die Kaapse, nie die Johannesburgse, Durbanse of PEs'n nie, die Kaapse issues ge-highlight het.

So hier is my naams verandering suggestion en as iemand dit alreeds genoem het, salute! Ek beaam jou voorstel. 

Stick maar met die naam Cape "Colored" Congress met 'n diep sterk Cape-Centric policy (vir nou) en probeer saamewerkings ooreenkomste met ander plaaslike partye sluit om sodoende die provinsie vanaf die racist DA te wen.

Maar onthou, hoe meer Bruinmense bewus raak van wie hulle is hoe meer word die term "colored" reject omdat dit die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en veral gebore Kaaplanders die ergste leed aan doen deur hulle van hul historiese grond te ontneem wat hierdie keer reg in die neo-colonialist, die Nguni-Bantu se favour speel.

Ons is Indigenous Capeans, Kaaplanders of Kaapse Inboorlinge en nie “coloreds" nie. 



Jy voel natuurlik anders.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.