CCC moet doen wat ander PLAASLIKE partye gedoen het en fokus op tuisgebied

"Coloured people were called teagirls  gardeners, lowlifes and assholes amongst others.....yes those same coloured people who earns an honest living... those same coloured people whose votes were targeted on the Cape Flats"
CCC leader Fadiel Adams na die 2021 November verkiesing

Dis official! Cape "Coloureds" in Kaapstad het weereens virrie DA se liegstories geval en in nommers vir die Zionist in laas Maandag se munisipale verkiesings loop stêm.

Die Blues is met 58% in beheer van hul crown jewel Kaapstad, maar met 8% laër as 2016.


Gelukkig is alles nie gloomy nie, daar is 'n silver lining, innie vorm van 'n nuwe party van die Kaapse Vlakte wat nie soos verwag was gevaar het in die plaaslike regering verkiesings, maar tog 'n dent innie DA se support geslaan het ondanks begrotingsbeperkings.

Fadiel Adams se Cape Coloured Congress (CCC) het sowat 3% van die stad se stêmme op hulle gevestig en beklee nou 7 sitplekke op die raad, heelwat minder as wat eintlik verwag was.

Die party sal natuurlik nie die kingmaker rol op die raad kan speel nie, 'n posisie waarop die Kaapenaars regtig gebank het om sodoende dringende veranderinge in veral "Coloured" gemeenskappe aan tebring.

Party leier Fadiel Adams vertel vir EWN dat hy "elated" is met die results en sê sy party het goed gevaar in amper elke VD wat hulle contest het.

"We finished second in almost every one of the wards we contested. We asked people to change their votes (and) over 40,000 people responded. We pulled it off. So we've got lots to celebrate, man, and I can tell you this is only a start for us".

'n Beduidende goeie afskop vir 'n party wat so te sê nie bevondsing gehad het nie, 'n party wat Naarheidwaarheid regtig hoop baie beter sal vaar in die provinsiale verkiesing in 2024, 'n party met 'n leier wat regtig sy mense se issues oppie hart dra, maar ongelukkig nie van goeie PR skills beskik nie.

Maar ondanks alle pogings deur die "coloured" party om hul mense se support te wen, het die meerderheid "kleurlinge" tog die Blues support en hulle met 'n volstrekte meerderheid in beheer van Kaapstad geplaas.

In die noord-oostelike streke van die Wes-Kaap lyk die prentjie aansienlik beter waar sogenaamde "kleiner" plaaslike partye binnekort in beheer van hul dorpe sal wees.

Een voorbeeld is die Cederberg Eerste Party , n party wat deur sitrusboer Ruben Richards gelei word wat genoeg gehad het van sy swak beheerde munisipaliteit dat hy self die werk wou doen. 

En nou het sy party wat net sewe weke gelede amptelik geregistreer is 27% van die stemme in die Cederberg-munisipaliteit gewen.

Nog 'n voorbeelde is ICOSA in Kannaland wat met 45% gewen op hul dorp sand innie DA en ANC se oë geskop het terwyl die KDF het op Laingsburg 25% vannie stêmme op hulle gevestig.

Die KGP op Prince Albert het met 23% tweede voor die PA geindig en Die Breede Vallei Onafhanklik het 10% van die stêmme op Worcester gewen.


Almal die sogenaamde "kleiner" partye wat beduidend skade in beide oppressor se kampe berokken het is nou of kingmakers of hulle moet 'n kingmaker kies om saam hulle 'n raad te vorm.

So hoekom dan net 'n single digit percentage virrie CCC in die Kaapse metropool as die party met ander nuwe partye compare word? 

Een van die stad se inwoners Denzel Vermeulen som dit perfek op 'n Facebook gemeenskap groep op...


Nog 'n persoon, Di Paulse stêm saam op 'n ander groep...

MAAR NOU HOE HET ANDER DIT REG GEKRY?

So hoe het die PBI, ICOSA, Cederberg Eerste Party, die Karoo Democratic Force en die Karoo Gemeenskap Party dit reg gekry om binne 14 dae dalk in beheer van hul dorpe te wees wat die CCC in Kaapstad nie kon reg kry nie?

Hier is my denke en dit verskil nie veel van die twee commentators sin nie:

• Die feit dat dit so te sê heeldag gereën het en net die DA fondse gehad het om hul kiesers van punt A tot punt B te vervoer het hulle op die voorvoet gesit bo die res.

• Die feit dat die DA se walking bus members deur die IEC employed was het ook innie Blues se guns getel.

• Ook was baie potensiale CCC kiesers wat vir jare by voting station A gestêm het skielik nie meer daar gerigestreer nie en was sodoende weggewys.

• Dan was daar die DA se fear mongering  dat 'only the DA can win the ANC'. 'Keep the ANC out vote DA' - "Coloureds" het dit geglo.

Dan is daar die redes soos aangedui deur Denzel en Di wat ook die CCC baie nadelig beinvloed het.

• Lack of funding - Ek bedoel wie wil met iemand saam werk wat môre dalk jou ma sal vloek wanneer julle nie agree nie?

• Ideology en Ekonomiese beleid - Kaapenaars hou van betaal vir dienste en die party begin sosialisties voorkom deur (free RDP housing to be build in affluent areas) te promise, 'n move wat die stad se plaaslike housing market sal destroy en die ekonomie 'n helse knou gee. Kaapenaars in pro-capitalist, dis is die Kaap die tuiste van die meeste entrepreneur innie land en hoekom hulle DA en nie socialist ANC stêm nie.

• Policy direction & Naam - Confusion says "The Cape Coloured Congress is not a Cape Colored party". -  'We just carry the name, we are actually a national party'. Or wait are we?

• Possible Cadre deployment (deployment of unskilled party supporters into key positions)
- Powerhunger (Party leader for Mayor instead of a qualified "Colored" person)

• Bullying - Online abuse of opponents and those seeking answers: "so why don't you guys focus on the Western Cape and Cape Town in particular since your party is called the Cape "Colored" Congress instead of wasting limited resources in other parts of South Africa"?
Commentator - "Jou MSP"

Hiers nog een: "So wat gaan die CCC vir ons doen wanne hulle in power is"?
Commentator - "Os werk innie community hoeko sê jy nie wat jy doen in jou community nie".

En na die election word die onprofesionele replies steeds aanvaar. Hier is die latest...
Dis vanoggend op die CCC se Facebook groep.

Dit was van die tiepe replies wat uit ge-dish was en leierskap het dit endorse omdat niemand tot order geroep was nie en sodoende was potensiale kiesers ge-alienate.

So die CCC sukkel nie net met ideologie nie, maar ook baie met kommunikasie, die manier hoe daar met potensiale kiesers veral online gekomunikeer word.

As vrae van potential voters so beantwoord word, dan hoe gaan daar ge-argue word op die raad?

Gaan die CCC daar wees om ons issues te "argue" of gaan hulle meestal suspend wees omdat hulle ander members se "msp" vloek of "k@k vertel" wanneer hulle nie kan antwoorde verskaf nie?

Dalk nog 'n rede hoekom baie ook maar besluit het better the Devil (Alliance) you know?

Wat ook kon bygedra het is dat die party begin was as 'n Kaapse Bruin belange groep, wat toe 'n Kaapse Kleurling Party geword het en om nie soos die Blues as 'n rasistiese party gesien te wil wees nie (terwyl daar horderde black organisasies is) het die party begin verander na 'n "inclusive" soort van "national" party waarteen die arrogante leierskorp gewaarsku was.

Die CCC het sedert sy formation horderde supporters verloor. "Coloreds" het Gatvol CapeTownion support omdat hulle gevoel het dis 'n tuiste vir hulle en an alternatief virrie DA, totdaar veranderinge aangebring is om diegene wat eintlik laws maak om coloreds te disadvantage tevrede te stel.

As 'n nuwe party wat finansieël struggle, moes hulle advies geneem het en gedoen het wat ander PLAASLIKE partye gedoen het deur vir eers net op hul tuisgebied te gefokus het.

Dis bewys op die landlike gebiede waar plaaslike partye nie eers geworry was oor ander buite hul grense in die Kaapse metro of ander dele van die land nie, presies wat die CCC in Kaapstad ook moes gedoen het.

Waar is die leadership van Gatvol Cape Townion? Waar is die sterk persoonlikede wat met Fadiel die CCC begin het? Wat het geword van die mense en hoekom is hulle weg?

Die CCC het die potensiaal om Kaapstad en die Wes-Kaap te wen, maar net as die party serious introspection doen en ophou mense wat vra en graag positief wil bydra vloek en skel en begin luister en positief engage.

Die CCC moet sy plek as 'n PLAASLIKE pro-"kleurling" party in neem as die party erinstig is om Kaapstad en die provinsie vanaf die DA te wen.

Om te worry oor 'n seat of miskien twee innie national assembly is 'n complete waste. 

Soos soveel keer voorheen hier gemaan was - die DA en FF+ saam kon die eers die ANC keer met tussen 80 en 90 seats in die oppressor se 400 seater parliament nie, so wat laat die CCC leierskap dink hulle gaan met een of twee seats iets daar uitgerig kry?

Die CCC moet net vergeet van Suid-Afrika wil change en rule en begin fokus op tuisgebied, Kaapstad of/en die Wes-Kaap (vir nou).

Wen die Kaap en begin weer praat van 'n independent western cape soos met die formation van Gatvol Cape Townion as julle in 'n presidential position wil wees omdat die CCC Suid-Afrika nooit in hierdie leeftyd sal kan regeer nie, maar dalk wel in beheer van 'n onafhanklike Wes-kaap kan wees.

Die party moet eenvoudig net weer begin focus op BRUINMENSE oppie flêts en vegeet van KZN en Joburg en die res van SA en diegene wat die party racist noem net blatant ignore.

En most important, hou op jou broer en sister vloek en luister eerder, dis al manier hoe jy jou stêm basis en support sal kan vergroot en Kaapland terug sal kan wen.  

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.