'n kennis het access tot DSTV wat eerder verkies om die Turkse gemors te kyk inplaas van plaaslike programme op KykNet op Dstv soos Arendsvlei, Suidooster, Sarag se Geheim ensovoorts'
Die wit en Swart kapitaliste in beheer van die mini-SABC kanaan ook bekend as etv, verdien moerse klomp geld deur advertensie-inkomste deur oorgeklankte gemors wat veral uit Turkye en somige vanaf Suid-Amerika ingevoer word vir die Afrikaanssprekendes, insluitend 'kleurlinge' 'om te geniet'.
Dis aangesien baie geen keuse het om maar te kyk nie, want etv se vriende in Auckland Park, Johannesburg, is net so nutteloos soos hulle en misluk in hul mandaat as 'n openbare uitsaaier om Afrikaapers, Afrinamas en Afrikaaners te accommodate.
Lees ook| 41jaar later en Bruinmense het steeds nie 'n stem nie.
Met dieselfde inkomste wat eMedia generate danksy die oorgeklankte fake gemors wat hulle vir jou uitsaai tydens 'kuiertyd', produseer hulle 'kwaliteit' plaaslike programmering vir die Nguni met gee plaaslike produksie vir Bruinmense nie.
Het jy gesien hoeveel plaaslike Nguni programme daar op etv is wat eers Suid-Afrika se "only free to air ENGLISH channel" was?
Kyk jy soema of jy eenige Bruin programme daar sien...
Daar is oorgeklankte gemors wat eTV voorskryf soos dit by die destydse SAUK/SABC innie 80's en vroeë 90s gedoen was.
Oorgeklankte gemors wat die akteure en media huise in Turkey bevoordeel en nie die plaaslike mense hier wat dit volg nie.
Dis nou dieselfde programme wat Turke nie eers entertaining vind nie.
Daar is nie 'n enkele program op eTV wat die jonk Bruin akteur in Kaapstad, Namakwaland, Gqeberha of Joburg benefit nie, nie een nie!
Wat dinge erger maak is die feit dat die meerderheid "colored" mense die onregverdigheid ondersteun en dis hierdie houding wat ook dalk die oorsaak kan wees van etv se reluctance om 'n plaaslike reeks te begin.
Nog 'n kennis het access tot DSTV wat eerder verkies om die Turkse gemors te kyk inplaas van plaaslike programme op KykNet op Dstv soos Arendsvlei, Suidooster, Sarag se Geheim ensovoorts.
Dis sad dat veral Bruinmense contribute om die swart akteur indirek te ondersteun terwyl hulle die oorsaak is dat hul eie Bruin akteurs sonder werk sit omdat daar nie plek is vir 'n oorspronklike Afrikaapse programme op 'n kanaal soos eTV nie wat danksy jou miljoene daagliks inpalm nie.
'Laat hulle dit kyk! Hulle complain mossie! Hulle is tevrede met als sedert 1652' blyk etv se houding nes die SABC s'n te wees wat vir 7de Laan met soveel Swart alteure wat Engels in die veronderstelde Afrikaanse sepie te praat San kykers af te smeer terwyl programme soos Uzalo en Mhovhango pitch black gehou word en hulle kultuur uitgebeeld word.
So Hoekom kan hulle nie plaaslike argiewe van MNet en SABC koop nie en dan royalties aan plaaslike akteurs betaal nie in plaas daarvan om stront uit die buiteland te koop nie?
Dis omdat "Coloreds" like ander support en hul eie mense probeer destroy.
Hulle sal alles in hul vermoë doen om hul broer te sien fail terwyl hulle die Swart of Wit oppressor glorify.
"Coloureds" en ander kulture mag ook nie die Bruinmense se traditions, cultures, talent en geskiedenis oppie TV sien nie, Coloreds is mos net gangsters, seker een vannie redes hoekom somige van die gemors van Turkye met gangsters te doen het.
Ons sien nie ons plaaslike mense en kultuur in aksie oppie kassie nie. Die programme van Turkye en Suid-Amerika om akteurs nogal bietjie "colored" te laat klink weerspieël nie die "colored" setup in terme van samelewing nie, en is ook nie opvoedkundig in die plaaslike konteks nie.
Daar is genoeg plaaslike reekse, dramas, hoekom nie daarin invest of selfs beter, 'n Afrikaapse reeks begin nie eTV?
Etv se missie is om "colored" kykers droog te melk en Bruin akteurs uit aksie te hou waar die SABC in sy public mandate fail.
Hoekom nie Swart programme vanaf Afrika Afrika en oorklank in Zulu nie?
DIS EINTLIK EENVOUDIG: Moenie na etv kyk as jy regtig 'n keuse het nie, want hulle haat "kleurlinge" en wit Afrikaanssprekendes!
Moet nie wat hulle voel jy moet kyk ondersteun nie! Net jou geld is goed vir hulle; jou vaardighede en kwalifikasies beteken absoluut niks vir etv nie dis is daar nog nooit eers aan 'n plaaslike Kaapse show gewerk nie.
Oorgeklankte gemors is goed genoeg vir jou en my.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking