41Jaar later van TV in SA en Bruin mense het steeds nie 'n stem nie.

'Op Bruin programme soos SuidOoster word interracial verhoudings aangeblaas, terwyl Bruinmense wat Arendsvlei kyk ge-indoctrinate word om hul tuisland te verlaat as of dit regtig so blerrie goed gaan in London.'



Vandag 41 jaar gelede het die SABC 'n landwye televisiediens in Suid-Afrika BEGIN, 48 jaar ná die wêreld se eerste een.

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het op 5 Mei 1975 met toetsuitsendings in Johannesburg begin, gevolg in Julie in Kaapstad en Durban.

Die SAUK het op hierdie dag (5 Januarie) in 1976 'n gereelde, landwye televisiediens begin.

Daar was toe net een kanaal met lugtyd wat eweredig tussen Engels en Afrikaans verdeel is.

Suid-Afrika was een van die laaste lande ter wêreld wat 'n gereelde televisiediens gekry het.

Die apartheidsregering het dekades lank die instelling van televisie teëgestaan.

H.F.Verwoerd het TV met atoombomme en gifgas vergelyk.

Dr Albert Hertzog (Minister van Pos en Telegraaf van 1958 tot 1968) het gesê dat televisie na Suid-Afrika sal kom "oor [sy] dooie liggaam". Hertzog het TV uitgekryt as “net 'n miniatuurbioskoop wat die huis binnegedra word en waaroor ouers geen beheer het nie. Dit is die duiwel se eie boks vir die verspreiding van kommunisme en onsedelikheid".

Hy het ook aangevoer dat "Suid-Afrika rolprente sal moet invoer wat rasvermenging wys; en advertensies sal [nie-wit] Afrikane ontevrede maak met hul lot."

Ek is 'n kind van die 80's en ek onthou TV1 wat gelyk gedeel was tussen Afrikaans en Engelse, natuurlik vir die wit gemeenskap. Bruinmense mag nie op dieselfde spel as met Wittes verskyn het nie. Dit kon slegs so wees as die Bruin akteur die rol van die maid of gardener vertolk het.

Ek onthou ook vir CCV wat die swart gemeenskap gedien het, dan was daar BopTV ook vir die Swart gemenskap en NNTV, maar niks vir die Inheemse Kaapenaars nie. 

Bruinmense/"Coloureds"/Khoe en San, die oorspronklike mense van die land het nie 'n stem gehad nie, en niks het sedert dien verander nie. Os kyk en luister nog steeds wat ander dink is goed vir ons en lees ook nogsteeds hoe Os nie bestaan in Os land nie. 

In 1996 restructure die SABC en CCV word toe SABC1 (Die Nguni channel wat Tussen Zulu en Xhosa en miskien ander Nguni of Bantu tale gedeel word), TV1 change na SABC2 (Waar Afrikaans met Sesotho, Setswana en ander Bantu tale tydgleufde moes rotate en NNTV word toe SABC3 die SABC se "commercial English" channel. Weereens niks vir die Inheemse Mense nie. Bruinmense/"Coloureds"/Khoe en San, die oorspronklike mense van die land het steeds nie 'n stem in hul land nie. 

Dan is daar MNet se KykNet&kie kanaal wat conveniently vegeet dat daar iets soos Bruin artist bestaan wanneer hulle musiek kies om te speel tussen programme op wat blyk 'n kanaal te wees vir Bruinmense.

Daar word gedurig die verveeligse Afrikaanse musiek gespeel, terwyl Bruin Afrikaapse sangers net moet toe kyk. 
Maak My Famous se Bruin wenners is nerens te sien in die bedryf nie, maar die wit dametjie wat tweede geeindig het in die eerste seisoen word oral gesien.

Bruin programme soos SuidOoster word interracial verhoudings aangeblaas, Bruinmense is nie goed genoeg vir mekaar nie, terwyl Bruinmense wat Arendsvlei kyk ge-indoctrinate word om hul tuisland te verlaat as of dit regtig so blerrie goed gaan in London.

Ek kannie glo Bruinmense wat aan die storielyn werk kan so laag daal nie om sulke nonsense van 'n goeie lewe in London kwyt te raak. 

Oor eTV se Turkse nonsense waarvan hulle miljoene Rande van maak wil ek nie eers begin van praat nie.

Bruin Afrikaapse akteurs wat gelukkig is om 'n stemkuns rolletjie te kry is goed genoeg net vir hom/haar stem.

Wanneer Bruinmense wat so getrou na programme soos "Elif" kyk besef dat eTV eintlik Zulu programme produce danksy hulle wat die Turkse reekse volg sal eTV dalk miskien begin Bruin Afrikaapse/Afrikaanse series produce. 

Hoekom eTV nie 'n plaaslike BRUIN Afrikaapse series kan produce soos met die geval met hul swart kykers nie is onverstaanbaar. 


Nes met in die geval van Apartheid toe die wittes die besluitnemers was is die Suid-Afrikaanse media nie diverse nie en word daar nie op Bruinmense se issues gefokus nie.

Nes gedurende Apartheid is die Suid-Afrikaanse media bias, oneties en vrees politieke partye soos bv die Rooikappie-gang en hul sponsors soos bv Clientele met hul 5min ads wat regtig mens se lus vir TV kyk onsmaaklik maak.

En al kan ons Vandag met die demokrasie-leun almal die lime light deel, trek Bruinman se seun en dogter maar nog steeds aan die agterste pen. 

Bruinmense word tog op 'n manier nes gedurende Apartheid nie regtig op SABC TV gesien nie. Bruin Afrikaaps programme bestaan nie op SABC nie.

Indien 'n Bruin kunstenaar 'n rol slat op SABCtv is hy die gangster, druggie of 'n criminal en die Bruin vrou spring natuurlik met almal innie bed en nie een van die twee is regtig hoogs gekwalifiseerd nie. 

Laastens, Hoe reg was Dr Albert Hertzog (Minister van Pos en Telegraaf van 1958 tot 1968) nie gewees nie toe hy se die TV is "net 'n miniatuurbioskoop wat die huis binnegedra word en waaroor ouers geen beheer het nie. Dit is die duiwel se eie boks vir die verspreiding van kommunisme en onsedelikheid"...  en dis pressies die geval van televisie en die media ingeheel vandag.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.