06 April - Invasion Day: Toe alles vir die classified "Coloureds" van ||Hui!Gaeb verander het.

Dit is duidelik dat die teenwoordigheid van die KhoiKhoi in ||Hui !Gaeb en in Suider-Afrika die Nguni-bantu expansion lank predates en is teenstrydig met wat die Nguni-bantu nou huidiglik vir ons, vir hulle en die res van die wêreld will laat glo in hul contradictory "New South African history". Nuwe Geskiedenis? Eerder Geskiedenis wat die Nguni-bantu laat blyk indigenous aan die Kaap is, soos hulle nou claim en die Apartheid geklasifiseerde "coloreds", die direkte descendants van die Khoe die indringers is al meet hulle almal ons hier na 1994 oftewel die klug van 1994.
Foto: Unknown/Facebook

Tog is die Naarheidwaarheid dat met die arrival van die Europeërs en wat hulle in die geskiedenis aangeteken het die eintlike geskiedenis is en nie dit wat mense wat nie hier was gedurende daardie tydperk nou vir ons dekades later wil laat glo nie.

Die hartseer deel is dat somige Bruinmense die leun van die Nguni-bantu begin glo het en nou die geskiedenis so verdraai om te probeer goed lyk voor hul huidige neo colonialist masters en Nguni-bantu vrinne.

Khoekhoe-taal hou verband met sekere dialekte wat gepraat word deur soekende San-mense van die Kalahari, soos die Khwe en Tshwa, wat die Khoe of Khoi taalfamilie vorm waarvan ons voorouers geweldadig ontneem was toe ons mense se tande uit hul monde geskop was sou hulle dit waag om ons inheemse taal te praat, vandag gebeur dieselfde, maar dis 'n article vir 'n ander dag.

Die belangrikste Khoekhoe-onderafdelings vandag is die geklasifiseerde Cape "Coloured", die Nama-mense van die Noord-Kaap ook "Coloured" geklasifiseerd deur die destydse Apartheid regeering en die Griekwanasie van Oos-Wes Kaap wat in die 19de eeu hul eie etniese identiteit ontwikkel het en hulle in Griekwaland gevestig het wat verwant aan dieselfde soort stamformasies as die Basters, wat ook as 'n KhoiKhoi volk beskou kan word.

Die Khoikhoi besig om hul hutte aftebreek deur Samuel Daniell (1805)

Die KhoiKhoi van ||Hui!Gaeb wat vandag as Kaapstad bekend staan het vir eeue handel gedryf met Seevaarders van regoor die wêreld en dit het ongetwyfeld sommige Europeërs ingesluit, miskien selfs Romeinse vaartuie, maar dit was Portuguese ontdekkingsreisigers en handelaars wat eerste hul kontakte aangeteken het met ||Hui!Gaeb in die 15de en 16de eeu.

Die voortdurende ontmoetings was dikwels gewelddadig en in 1510, by die Slag van Soutrivier, is Francisco de Almeida en vyftig van sy manskappe gedood en sy party is verslaan deur die Goringhaiqua tribe, een van die KhoiKhoi stamme van die gebied wat ook die Goringhaicona, ook bekend as "Strandlopers" ingesluit het, die voorvaders van die geklasifiseerde Cape "Coloured" nasie en nie die Nguni-Xhosa nie.

Jyt reg gelees, die Goringhaiqua was die eerste freedom fighters van Kaapland en Suid-Afrika in die algemeen wat namate eers deur die Holanders en toe die British beheer was en jare later deel sou vorm van wat Ek vandag noem die klug, Suid-Afrika.


Inelkgeval, in die laat 16de eeu het Portugese, Franse, Deense, Nederlandse en Engelse, maar hoofsaaklik Portugese skepe gereeld in ||Hui!Gaeb se hawe op pad na die Indiese Eilande gestop en het tabak, koper en yster met die KhoiKhoi verhandel in ruil vir vars water en vleis.

Geen ander tribe behalwe die KhoiKhoi se hutte was gebou op die slope van Tafelberg wat toe bekend was as Hoerikwaggo ("sea mountain"), dit is undoubtedly KhoiKhoi territory en niemand anders sin nie.

A painting van die aankoms van Jan van Riebeeck in ||Hui!Gaeb hawe.

Die indigenous Khoi was uitgesort, het in peace met mekaar geleef, hul environment respek en die gebied het uit gereelde kontak met Europeërs gebly tot op hierdie dag presies 370 jaar gelede (dis omtrend ses tot sewe generasies gelede), toe verkragter en moordenaar Jan van Riebeeck en sy gang of criminals van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie na ||Hui!Gaeb gestuur is om 'n halfwegstasie te vestig om verbygaande skepe wat na en van Asië reis met vars water, groente en vleis te voorsien.

Van Riebeeck en sy groep misdaadigers het met drie skepe op 6 April 1652 alles wat vreedsaam en goed was hier disrupt toe hulle ||Hui!Gaeb invade het en die worse crimes teen ons Bruinmense of somige Indigenous Capeans (al ontken somige hul ancestry) se voorouers, die Aborigines of indigenous KhoiKhoi mense gepleeg het, crimes wat die agter kleinkinders van die landse Eerste nasie tot vandag toe tuister.

Met die kriminele se aankoms hier het die invading Europeans vinnig skuilings opgerig, groentetuine en grondgebied forcefully en geweldadig gevat en boorde was aangelê op grond wat aan niemand anders as die Goringhaiqua behoort het nie. Vandag invade en bou die neocolonialist Nguni-bantu hokke op ons ancestral grond, maar daar gelaat...

Die Nederlandse handelaars het hul tente en hutte opgeslaan asof dit hulle land was.

Water wat vanaf Hoerikwaggo (Tafelberg) afgevloei het, is in kanale gekanaliseer om besproeiing vir die boorde te verskaf.
Die setlaars het met die inboorlinge, die KhoiKhoi (en nie die Nguni-Xhosa of Bantu nie) vir hul skape en beeste geruil terwyl woude in Houtbaai en die suidelike en oostelike flanke van Hoerikwaggo hout vir skepe en huise verskaf het.

Op daardie stadium het die VOC 'n monopolie op handel gehad en enige private handel verbied, in ander woorde ons voorouers mag toe nie meer trade soos voorheen nie en die Nederlanders het hul eie name gegee aan die inheemse inwoners en plekke wat hulle teëgekom het.

Vandag word ons weëreens beperk om besigheid te doen terwyl foreigners sonder eenige inmenging onwettig kan trade in ons gemeenskappe in ons Kaapland, (maar laat Ek nie van die topic af beweeg nie).

Dié wat aan die kus van vis en skulpvis survive het was "Strandlopers" genoem, en diegene wat binnelands jagter-versamelaars was (die San) "Boesmans" genoem.

Die Oos-Indiese man by Tafelbaai in 1819.

Die plaaslike KhoiKhoi bevolking het begin daal nadat 'n pokkies pandemie deur Europese aktiwiteite versprei is.

Die KhoiKhoi het hoë sterftes gely, aangesien immuniteit teen die siekte skaars was en dit toegeneem het namate militêre konflik met die intensivering van die koloniale uitbreiding van die VOC wat tradisionele weiveld vir plase begin toemaak het.

Slawe was na die Kaap gebring omdat die KhoiKhoi te kwaai was om virrie invaders te slaaf.

Laat Ek jou net weer remind dat daar geen ander clans of tribes hier was nie tot twee jaar later in 1654 toe die eerste groep Asian immigrante deur die Nederlandse Bataafse Hooggeregshof na ||Hui!Gaeb verban is, dit was daardie Asiërs wat deel van die grondslag was wat die Cape-Malay bevolking gevorm het.

In 1657 is nog slawe vanaf Java, Madagaskar en Mosambiek na ||Hui!Gaeb gebring om op die plase te kom werk omdat ons voorouers die Khoikhoi te kwaai was om oppie Hollanders se plase te werk.

Twee modern Khoi mans foto: Google

Die eerste van 'n lang reeks grenskonflikte tussen die Europese kriminele en ons inheemse voorouers het in 1658 begin toe setlaars gebots het met die Goringhaiqua Khoikhoi wat besef het dat hulle grondgebied verloor.

Simon van der Stel, na wie die dorp Stellenbosch vernoem is maak toe an appearance in 1679 om die krimineel Van Riebeeck as governor te replace.

Van der Stel het die Kaapse wynbedryf gestig op Goringhaiqua Khoikhoi en nie op Nguni-Xhosa grond nie (soos die EFF vandag in Stellies dit will laat blyk nie) deur wingerdstokke saam met hom op sy skip te bring, 'n bedryf wat glo vinnig gegroei het en belangrik vir die streek was en het ook gebiedsuitbreiding in die Kolonie bevorder.

Die Franse Hugenote steek toe in 1688 uit wat gevlug het vanaf die anti-Protestantse vervolging in Catholic France na Holland, waar die VOC hulle vrye deurgang na ||Hui !Gaeb sowel as landbougrond van die Goringhaiqua KhoiKhoi aangebied het.

Vandag word ons grond steeds verdeel deur groepe wat nie van hier issie, maar nou ja... die Franse Hugenote het belangrike ervaring in wynproduksie na ||Hui !Gaeb gebring, wat die bedryf grootliks versterk het.

Oor die volgende eeu is die KhoiKhoi volke geleidelik van hul land verdryf, wat gelei het tot talle noordwaartse migrasies, en die herformulering van baie nasies en stamme, sowel as die ontbinding van baie tradisionele strukture.

San mense besig met 'n tradisionele byeenkoms in die Kalahari. Foto: Google

KhoiKhoi sosiale organisasie is dus diep beskadig deur die koloniale uitbreiding en grondbeslaglegging vanaf die laat 17de eeu en namate sosiale strukture verbrokkel het, het baie KhoiKhoi hulle op plase gevestig terwyl ander opgeneem is in clans wat volgehou het.

Georg Schmidt, 'n Morawiese broer van Duitsland, het Genadendal in 1738 gestig, wat die eerste sendingstasie in Suider-Afrika was onder die Khoe-sprekende volke in Baviaanskloof in die Kannakamkanna berge wat vandag as die Riviersonderendberge bekend staan.

Die twee states Griekwaland-Wes en Griekwaland-Oos is toe deur die "baster" Kok-dinastie gestig, as gevolg van die invloed van sendelinge wat later in die Kaapkolonie van die Britse Ryk ingetrek was.

Adam Kok, Stamhoof (nie koning) van die Griqua nasie.

Die koloniale benaming van "Baasters" het verwys na enige stamme wat in 'n sekere deel Europese afkoms gehad het en sekere Westerse kulturele eienskappe aangeneem het, alhoewel dit later bekend gestaan het as Griekwa, was hulle destyds bekend as "Basters" en word in sommige gevalle steeds so genoem.

In die laat 1700s, waar soos aangeteken steeds geen ander sogenaamde "inheemse swart" groepe gewaar was nie het dinge begin skeef loop virrie Holanders toe die British en die Franse mekaar in 1780 in 'n oorlog aanvat en Holland besluit het om die Franse te support wat gevolg het dat Franse troepe na ||Hui!Gaeb gestuur was om hul colonial gebied teen die Britse robbers te beskerm.

Hierdie troepe het egter teen 1784 vertrek en teen 1795 is Nederland glo deur Frankryk binnegeval wat toe die VOC in algehele finansiële ondergang gedompel het.

Britse magte het by ||Hui!Gaeb aangekom met 'n brief van die Prins van Holland waarin die Kommissaris gevra was om Britse troepe toe te laat om ||Hui!Gaeb teen Frankryk te beskerm.

Net sodat jy onthou, ||Hui!Gaeb is Kaapstad se inheemse naam nes Hoerikwaggo Tafelberg sin is.

Die Britte het die Kommissaris meegedeel dat hul Prins na Engeland gevlug het wat deur die Kaapse Raad met gemengde reaksie ontvang was en uiteindelik het die Britte ||Hui!Gaeb suksesvol in die Slag van Muizenberg binnegeval en dadelik die begin van vrye handel aangekondig.

Kragtens 'n vredesooreenkoms tussen die British en die Franse is ||Hui!Gaeb in 1802 aan die Hollanders teruggegee, maar drie jaar later het die Colonist hul oorlog egter hervat en die Britte het hul garrison ('n permanente militêre "instillasie) na ||Hui!Gaeb teruggestuur nadat hulle Nederlandse magte by die Slag van Blouberg in 1806 verslaan het.

Hierdie tydperk het groot ontwikkelings vir die stad beleef, en kan gesê word dat dit die begin van ||Hui!Gaeb as 'n stad (die moederstad) in sy eie reg was toe kraane en ysterpype langs groot strate in die stad aangebring is.

Rock paintings van die indigenous Khoe mense van die Wes-Kaap wat hul ownership van die land bewys.

Die inheemse inwoners is toe gedwing om 'n vaste woning te verklaar en is nie toegelaat om sonder skriftelike toestemming tussen streke te trek nie en nadat die oorlog tussen Frankryk en Engeland in 1814 geëindig het met 'n Britse oorwinning, het die land thieves 'n komplekse verdrag opgestel waardeur stukke vaste eiendom deur verskeie lande vir geld verruil is.

||Hui!Gaeb is toe permanent deur die Britte van die Hollanders afgeneem in ruil vir 'n som geld omdat die Britte gedurende die tydperk die beheer van ||Hui!Gaeb gesien het as die sleutel tot hul vermoë om hul bevel in Indië te handhaaf.

Die Nederlandse regering was te verarm en uitgeput om te argumenteer en het ingestem met die voorwaarde dat hulle toegelaat word om voort te gaan om ||Hui!Gaeb vir herstelwerk en refreshment centre te gebruik.

Paswette van 1809 is in 1829 herroep en die Khoikhoi was in teorie gelyk aan die Europeërs en was soos in die res van die Britse Ryk in 1834 geëmansipeer wat gelei het tot die stigting van die Bo-Kaap deur 'n Moslem-gemeenskap nadat hulle bevry was, die Kaapstadse Wetgewende Raad is ook in dieselfde jaar gestig.

'n Moderne Oorlam KhoiKhoi famile van Kaapstad. Foto: Google

In die laat 18de eeu het Khoi gemeenskappe van die Kaapkolonie noord na Namakwaland migreer waar hulle by plekke gevestig wat vroeër deur die Nama beset is en het deels gekom om van Nederlandse koloniale diensplig te ontsnap, om strooptogte te doen, handel te dryf, en om gronde te bekom om te boer.

Sommige van die migrants het bande behou met Oorlam-stamme in of naby die grense van die Kaapkolonie, Oorlam ("Coloured") stamme is oorspronklik gevorm uit gemengde rasse afstammelinge van inheemse Khoikhoi, Europeërs en slawe van Mosambiek (nie die Nguni-Xhosa nie), Madagaskar, Indië en Indonesië en het net soos die Dutch van die Kaap af na die binneland getrek, en verskeie state gestig in wat nou Suid-Afrika en Namibië is.

Die Oorlam ("colored") migrasie in Suid-Afrika het ook die verwante Griekwamense opgelewer waarvan sommige van hierdie emigrant-oorlams (insluitend die orkes onder leiding van die outlaw Jager Afrikaner en sy seun Jonker Afrikaner in die Transgariep) bande behou het met die CapeKhoi of Oorlam-gemeenskappe in of naby die grense van die Kaapkolonie.

Daaropvolgende politieke ontwikkelings het nou geleidelike bewegings na groter onafhanklikheid van Brittanje en na 'n mate van politieke inklusiwiteit gelei.

In 1854 het die Kaapkolonie sy eerste parlement verkies op grond van die veelrassige Cape Qualified Franchise, waardeur stemregkwalifikasies universeel gegeld het, ongeag ras en na 'n lang politieke stryd is dit gevolg deur 'verantwoordelike regering' in 1872, toe die Kaap die reg gewen het om sy eie plaaslik-verantwoordelike uitvoerende gesag en Eerste Minister te kies.

Painting van Waalstraat in Kaapstad 1905.

'n Tydperk van sterk ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling het gevolg met 'n vinnige uitbreiding van die Kaapse Regering Spoorweë en ander infrastruktuur wat Kaapstad met die res van Kaapland verbind het, maar die oorblywende Khoe-sprekers van die Kaapkolonie het gely onder beperkte burgerregte en diskriminerende wette oor grondbesit en met die voorwendsel van die magtige Kommissaris-generaal van die Oostelike Distrikte, Andries Stockenstrom het hy die skepping van die "Katrivier" Khoe-nedersetting op die banker van die Visrivier naby die oosgrens van die Kaapkolonie gefasiliteer.

Die meer siniese motief was waarskynlik om 'n buffersone op die Kaapse grens te skep, maar die uitgebreide vrugbare grond in die streek het mense toegelaat om hul grond te besit en gemeenskappe in vrede te bou.

Die nedersettings het uitgebrei, en die Katrivier district het vinnig 'n groot en suksesvolle streek van die Kaap geword wat min of meer outonoom bestaan het. 

Die mense was oorwegend (nie almal nie) Afrikaanssprekend !Gonakua, maar die nedersetting het ook ander uiteenlopende groepe begin lok.

Khoena skutsmans het sleutel rolle gedurende die Kaapse grensoorloë gespeel.

Dit was toe waar ons voorouers die Nguni-Xhosa vir die eerste keer in die laat 1800 gemeet het alhoewel die colonialist alreeds met die Xhosa slaags geraak het tydens die Xhosa-oorloë van 1779 tot 1878 tussen die Xhosa-nasie aan die een kant en die Afrikanerkoloniste en die Britse Ryk aan die ander kant.

Ons voorouers wat toe bekend was daarvoor dat hulle baie goeie skuts was, was dikwels onskatbare bondgenote van die Kaapkolonie in hul border wars met die naburige Nguni-xhosa en in die Sewende Grensoorlog (1846–1847) teen die Gcaleka, het ons voorouers -gewapende mans van Katrivier hulle onderskei onder hul leier Andries Botha in die aanval op die "Amatola-vasthede".

John Molteno, later Eerste Minister, het 'n gemengde kommando in die aanval gelei, en het later die khoena geprys omdat hulle meer dapperheid en inisiatief het as die meeste van sy wit soldate.

Landskap naby die middelloop van die Groot Visrivier: Google

Daar was egter steeds streng wette in die streek geïmplementeer, om ons voorouers aan te moedig om hul lande in die Katrivier-streek te verlaat en om as arbeiders op wit plase te werk en 'n groeiende wrok teen die Colonialist het in 1850 ontplof en toe die Xhosa teen die Kaapse regering opgestaan ​​het, het groot getalle van ons voorouers vir die eerste keer by die Xhosa-rebelle aangesluit en hulle gehelp fight teen die Colonialist.

Na die nederlaag van die rebellie en die toekenning van verteenwoordigende regering aan die Kaapkolonie in 1853, het die nuwe Kaapse regering gepoog om die Khoena politieke regte te verleen om toekomstige rasse-ontevredenheid te voorkom.

Prokureur-generaal William Porter is beroemd aangehaal dat hy "liewer die Hottentot by die hustings sal ontmoet, om vir sy verteenwoordiger te stem, as om hom in die wildernis te ontmoet met sy geweer op sy skouer", so bang was hulle vir ons voorouers gewees.

Dus het die regering die Kaapse franchise in 1853 ingestel, wat bepaal het dat alle manlike burgers wat aan 'n lae eiendomstoets voldoen, ongeag hul kleur, die reg het om te stem en om verkiesing in die Parlement te soek.

Hierdie nie-rassige beginsel is egter in die laat 1880's deur 'n geletterdheidstoets geërodeer, en later deur die Apartheidsregering afgeskaf.

Khoikhoi krygsgevangenes in Duits-Suidwes-Afrika, 1904

Van 1904 tot 1907 het die Duitsers intussen wat vandag as die Noord-Kaap en Namibia bekend staan wapens opgeneem teen die Khoikhoi-groep wat daar saam met die Herero's (nie die Nguni-Xhosa nie) gewoon het en meer as 10000 Nama, meer as die helfte van die totale Nama-bevolking destyds, het moontlik in die konflik gesterf wat as die grootste enkele slagting van die Khoikhoi-mense bekend is.

'n Apartheid sign oppie beach wat net vir Wittes afgebaken was. Foto: SA History

So daar het jy dit geklasifiseerde "kleurling", veral jy wat jou distansieër van jou voorouers, ons voorouers het toe deurgeloop en toe weer vir 'n tweede keer gedurende Apartheid het die regeering ons finaal van ons ware identity, taal en kultuur ontneem en ons van ons gronde verjaag toe hulle Apartheid geimplimenteer het.

Illustrasie: Getty

En na rasistiese Apartheid volg nog 'n groot leun, die "Rainbow nation" 'n Leun wat die Nguni-bantu neocolonialist invasion van Kaapland wat ons vir 'n derde keer van ons taal, culture en grond onsien ge-pave het en wat hulle nou probeer regverdig.

Dieselfde mense wie ons voorouers tydens die Kaapse grensoorloë help veg het teen die Europeërs en toe weer gedurende die donker Apartheid jare vir vryheid, dieselfde mense wat vir My en jou nou met selfs meer rasistiese wette erg onderdruk en wat sê hulle soek ons nie in "hulle" gemeenskappe nie want volgens hulle is hulle such a perfect nation dat ons gangsters en drugs na hul kinders sal bring.

Die Naarheidwaarheid is dat die Nguni-Xhosa nie KhoiKhoi is nie, en so-ook nie indigenous hier in die veral die Wes en Noord-Kaap issie.


Bron: Various 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.