Die UK limited "visolie" tot 3 per customer - Hoe lyk dinge hier by die huis?
'Hoerehel kan kookolie die afgelope maand so skerp gestyg het, sien dat Mzansi 55% vanuit Bulgaria invoer en minder as 1% van waar die geskietery aanie gang is?'
Afrika het sowat $4bn se land ou produkte vanaf Russia in 2020 ge-import waarvan 90% korring was en 6% Sunflower oil.
Binnekort gaan Jy dalk beperk word op die aantal borrels kookolie (visolie) wat jy sal kan koep weëns die Russia-Ukraine oorlog in "beskaafde" Europe.
Innie UK word consumers alreeds ge-limit tot net 3 borrels by somige supermarkets volgens die BBC.
Met die pryse van kookolie wat wêreldwyd die hoogtes inskiet, kan die Russian invasion van Ukraine glo lei tot 'n tekort aan kookolie op winkelrakke hier in Mzansi al produced die land tussen 600 en 800 duisend ton jaarliks, wat glo nie genoeg issie.
Inteendeel verneem NaarheidWaarheid dat Suid-Afrika die gaping te behoort te kan toe stop indien self ons neighbours oppie continent tekorte aan landbou kommoditeite soos mielies, koring en sonneblomolie ervaar as gevolg van supply-chain constraints wat deur die Russiese oorlog teen Ukraine veroorsaak is.
Die Ukraine is volgens bronne die wêreld se voorste uitvoerder van sonneblomolie, gevolg deur hul aggressive neighbour Rusland, terwyl Mzansi volgens TrendEconomy in 2020 US$80m se Sonneblomsaad, geraffineer of nie, maar nie chemies gemodifiseer is nie" na 'n klompie Afrika lande uitgevoer het.
Volgens die besigheids blad koepie Namibians die meeste, 34% (27 miljoen US$) se Sunflower-seed vanaf Mzansi.
Botswana is die tweede meeste invoerder van Suid-Afrika se Sunflower-seed met 'n aandeel van 30% (24 miljoen US$), gevolg deur Lesotho 14,5% (11,6 miljoen US$) en Mosambiek met 'n aandeel van 10% (8,02 miljoen US$).
Die Zimbos 3,08% (2,47 miljoen US$), Eswatini 2,82% (2,26 miljoen US$), Malawi 1,46% (1,16 miljoen US$), Zambië 1,1% (884 duisend US$), Angola (360 duisend US$) en MyFriend-hulle (Ethiopia) 274 duisend US$) voer almal Sunflower-seeds vanaf Mzansi in, maar nou ja daar is glo nie genoeg vir ons hier nie.
Klink amper soos 'n Eskom situasie waar uitvoere meer belangrik is as om die domestic market te supply.
In tussen het lande soos Indonesië, wat die grootste uitvoerder van palmolie is, reeds begin om die uitvoer van kookolie te ban en nou wonder NaarheidWaarheid of Mzansi ook uitvoere na die neighbours gaan ban.
Inelkgeval, Mzansi import ook Sunflower-seed al is dit 'n uitvoer land van die nou skaarse landbou produk is.
Suid-Afrika se Top handelsvennote vir die invoer van "Sonneblomsaad in 2020 was Bulgaria waarvan 55% (91 miljoen US$) van ons Sunflower-seeds invoer vandaan ge-import was.
Romania met 'n aandeel van 24% (40 miljoen US$) gevolg deur Portugal met 'n aandeel van 7% (11,4 miljoen US$),
Spain 6% (10,1 miljoen VS$), Holland 3% (4,63 miljoen US$), Argentina 2% (3,92 miljoen US$) en wag vir dit...
Suid-Afrika voer minder as 1% van sy Sonneblom-saad (1,43 miljoen US$) vanaf die Ukraine in.
So hoerehel kan kookolie die afgelope maand so skerp gestyg het, sien dat Mzansi 55% vanuit Bulgaria invoer en minder as 1% van waar die geskietery aanie gang is?
NaarheidWaarheid vra maar net namens die slap chips lovers en die unemployed daggaroker wat gedurig besig is met chips bak na 'n deftige groen sessie wie se taanie nou meer moet opdok vir 'n borrel "visolie" en oek namens die Tietie wat daltjies en samosas moet afbak virrie feast wat wink.
Wel dis natuurlik die demand en supply aspek van die ekonomie, hoe minder vannie product innie mark is, hoe duurder, en sedert daar soveel trade agreements ge-sign was kan Mzansi nie nou skielik ophou uitvoer nie anders kan byvoorbeeld die Zimbos oorkant die Limpopo Rivier nie vetkoeke bak nie.
Foto: Shoprite
By Shoprite volgens hul aanlyn diens kos 'n 2L borrel Sunfoil Sunflower oil R84.99c en 'n 750ml Flowergold Canola oil R34.99c.
'n 500ml Borreltjie Crown blended cooking sal jou R21.99c by die land se grootste retailer uit die sak jaag terwyl 'n 750ml borrel Sunfoil Pure Sunflower-seed oil jou R34.99c kos.
By MyFriend, die Ethiopian shop owner ommie draai of oppie hoek kos 'n R750ml D' Lite nou R29 wat voorie war R22 was volgens die shopowner en 'n 2L D'Lite.... wat R50 was kos nou R70 by die moontlike illegal alien.
Inelkgeval, sedert die oorlog op 24 Februarie begin het, was daar vrese - waarvan sommige reeds gerealiseer het en al voel NaarheidWaarheid tog bietjie uitgebyt het die wannabe Hitler se war tog 'n negatiewe impak op global trade.
So koep maar genoeg of probeer meer gesonder lewe en sonder dit klaar kom want binnekort mag jy hier ook beperk word of die hoeveelheid kookolie jy mag kan koop NaarheidWaarheid.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking