Nepotisme, Korupsie en Gesteelery by 'n Delft BNG Housing project

Corrupt "kerkleier" raak persoonlik toe hy nie homself teen beweringe kon verdedig nie.Werkers is besig om gesteelde bou materiaal wat by 'n huis in Eindhoven gevind was weg te ry terug na die korupte besaaide Power Construction yard FOTO: Naarheidwaarheid/Mpho Ranooe

Die mense van Eindhoven is upset...

Die land se corruption en nepotism kultuur het sy kop uitgesteek by 'n BNG behuising projek in hul area.


Hierdie mense is besig om met mekaar te baklei oor wie die meeste gesteel het.

As jy nie die clip kan of wil kyk nie, hier is 'n paar snapshots van hoe beweerings van steelery na mekaar geslinger word te midde van onstoke inwoners wat demand dat cement wat by hierdie private eiendom gestoor was terug na die Power Construction site geneem word. 

Beskuldigings word hierbo oor en weer na mekaar gegooi wat toe in 'n physical fight ontaard het. FOTO: Naarheidwaarheid/Mpho Ranooe.
'n bakkie wat gelaai is met die gesteelde materiaal wat vanuit 'n huis hier gedra was, ry terug na die Power Construction site toe FOTO: Naarheidwaarheid/Mpho Ranooe.

Dit is hoe korrupsie ons gemeenskap uit mekaar skeer, mense waarvan gesteel word deur self aangestelde kommitee leiers wat kerkies innie area own.

Tussen 12 en 20 sakke cement was die vorige Vrydag aand uit die stoor op die Power Construction bou perseel na 'n private eiendom nie vêr van die bou perseel ge-channel.

Hoor hulle rede: Die cement moes glo daar gehou word vir die werkers wat Sarag kô werk.

Dit is maar net 'n druppel innie emmer van die baie beweeringe van material wat vanaf die construction site gesteel was en in die area verkwansel was. "Sakke sament was sommer twee vir R70 weg gegee" kap een inwoner af. 

Regoor Eindhoven is 'n huis of twee met concrete (die pun) evidence hoe daar gesteel was vanaf halwe blokke tot die duurste blikke paint.

En jy wat sê "dis maar net 'n halwe blok" (soos Ek een van die beskuldigers aanhaal), wel twee halwe blokke maak 'n hele blok en as dit okay is om 'n halwe blok te steel is dit natuurlik ook okay om 'n halwe sak cement te steel, nie waar nie? 

My Punt is, steel is steel maakie saak hoe groot of klein nie, dit bly steel en daar word gesteel van die gemeenskap en aremes van die armes nie die government nie.

Hoekom cement uit die stoor moes gehaal word terwyl die bou perseel oop is vir diegene wat moet kom werk weet nugter.

Die ongeruimhede by die Delft depot van die Power Construction site waar boeties, sissies en tjomies in diens geneem was, is besaai met nepotisme, korrupsie en blatante steelery.

Diegene involved, Jyt reg geraai, is Kerk leiers wat Sondae die hardste in die Kerk "sondaars" wat rob en steel veroordeel.

Self aangestelde leiers wat verkiesing tye vir die DA en VF+ skree. Ja DA members en die Vryheidsfront+ s'n (of dalk is hulle nie members nie want hulle skree elke verkiesing vir iemand anders) is hier in 'n korrupte deal met ondemokratiese verkiesde gemeenskap "leiers" betrokke.

Die korrupsie is so persoonlik dat selfs die Bishop nie homself kon keer om my persoonlik aan teval Maandag gedurende 'n saamekoms voorie Power Construction bou perseël se hekke nie. 

Dis toe die gemeenskap van Eindhoven daar was om die projek te stop met 'n baie eenvoudige demand - Dat almal wat involved is ge-suspend moet word, afhangende 'n ondersoek. 

Ek weet van net een wat toe suspend was (weet nie hoeveel waarheid daarin steek nie), maar dis toe die stoor lady wat aleen aan die pen ry.

Dis die dame wat die beans spill oppie video, die een met die blou en swart stripes tshirt oppie stills, sy word suspend omdat sy haar "baas" (intended) se orders ge-follow het.

Haar "baas" kom niks oor nie, die ou wat die Saterdag gedurende die insident voorie huis op speaker gehoor was sê net ses sakke sement moet terug geneem word werk aan.

Hy en die res is untouchable en die werk moet natuurlik aangaan terwyl die untouchables met "gemeenskap verteenwoordigers" vergader en 'n plan uit probeer werk oor hoe om die inwoners tevrede te stel.

Die sogenaamde verteenwoordigers kom toe die eerste keer uit en sê dat daar 15units beskikbaar is wat owners glo reject het (natuurlik om die community se aandag van die eintlike issue af te trek).

Hulle gaan terug en toe hulle vir 'n tweede keer an appearance maak, toe is daar net 7 units beskikbaar, onthou dit word besluit deur twee groepe wat nie een demokraties gekies was om die gemeenskap te verteenwoordiger nie. 

Die korrupsie is so diep onder die dekmantle van Christenskap dat commitee leiers vir mense huise kan uitdeel of dalk nog verkoop en nie die Human Settlements department wat volgens 'n waglys huise allocate.

So voor twaalf kom die "representatives" terug om te sê "mense dis okay julle mag maar huistoe gaan".

Die waarheid is dat niemand Eindhoven legitimate in daardie verandering verteenwoordig het nie.

Niemand weet eintlik watter deals daar binne gestrike was nie.

So waaroor is hierdie bohaai?

Wel is dit procedure dat cement die vorige aand na private eiendom verplaas moet word om glo gehou te word vir gebruik die volgende dag?

Hoeveel backyard dwellers moet nou langer wag op 'n huis omdat soveel material gesteel was?

Of op hoeveel gesinne nog gaan huise crumble weëns swak bouwerk omdat soveel material gesteel was en self gebruik of verkoop was? 

Nepotisme en opacity benefit net die boeties en sissies, tjomies en die res vannie gang en is die oorsaak dat daar gedurig by staats projekte gesteel word.

Jy voel dalk anders, comment gerus en moenie vegeet om hierdie te share nie.

Die naarheidwaarheid met RW Thys is 'n political analysis blad in simple Afrikaaps/Afrikaans wat meestal op plaaslike gebeure fokus is, maar wat oek soe nou in dan bietjie borders cross.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.