Landfills en die oceans word besoedel met een van MyFriend se most popular items.

Dis 'n item waaroor daar gedurig gestry word veral by saamekomste.
Dis 'n draagbare toestel wat 'n vlam opwek wat kan gebruik word om 'n klomp items aan te steek, soos byvoorbeeld entjies, gas stoves, fireworks, a blunt, kerse en vure of gallies.
Dit bestaan ​​uit 'n plastiekhouer gevul met 'n vlambare vloeistof of compressed gas en kan ook as 'n bron van lig gebruik word in troubled times.

Met die potensiaal om erge skade aan te rig beide fiesies en emosioneel word daar gedurig oor dit gestry.
Dit maak dat vriendekringe in vyandskap verander, tot families gaan oor in fight mode gedurende "reclaiming" procedures ('n proses waar die owner die "dief" moet oorreed dat dit syne is).

Dalk oor reageer Ek so 'n bietjie.
Maar volgens 'n kenner oppie gebied is it R2 by die aunty en R3 by MyFriend, Ek weet nie.
Ek weet nie omdat Ek nie die moeite doen om een self te koop nie (unless regtig nodig)

Ja dit gaan gewoontlik ontweetend sak toe, iemand gaan vanaand sonder een huistoe.

Ja jyt reg geraai, die lighter.
Die lighter wat deel is van amper elke household oppie flêts.

Die lighter (aansteker) is letterlik die lig in amper elke "Bruin" household oppie Kaapse vlaktes.

Dit is die life saver vannie nag.

Wanneer jy wakker word voel jy waar dit is, en met die aansteek vannie eerste skyfie innie oggend begin 'n nuwe dag, 'n dag wat weggooi lighters óf hul pad na dumping site maak, op strate gestrooi word of innie see gespoel word.

So hoe veilig is die lighter wat MyFriend aan ons verkoop vir ons omgewing?

In 1662 lê die Turkse reisiger Evliya Çelebi in Vienna, Austria besoek af as 'n lid van 'n Ottomaanse diplomatieke sending en het die lighters wat daar produce was ge-like.

Hy vind dit useful vir soldate op veldtog. Een van die eerste lighters is in 1823 deur 'n Duitse chemikus genaamd Johann Wolfgang Döbereiner uitgevind en is dikwels Döbereiner se lamp genoem.

Fast-forward - Vir die afgelope dekades gebruik ons die gewone weggooibare gas lighters wat ontwerp is om weggegooi te word nadat hulle gas opraak.

Wanneer dit gebeur, sal hulle vir ewig in ons omgewing bestaan en verwoestend hul pad in die maag van seevoëls en ander diere kan maak.

Daar word beraam dat 90 persent van seevoëls al plastiek geeet het en sodra dit geëet is, maak skerp stukke plastiek voëls dood deur interne organe deur te steek.

Voëls vrek daagliks weens lighters wat in hul bellies op eindig.

Wanneer 'n voël verskeie stukke plastiek verbruik, is daar min plek vir regte kos, wat tot hongersnood kan lei, maar dan is daar die goeie ou metsies (Matches).

Matches
Goeie? Anders as plastic lighters word metsies van hout gemaak en is dit ten volle bioafbreekbaar en omdat metsies bioafbreekbaar is, dra dit nie oor die algemeen by tot ons groeiende globale afvalprobleem nie, maar die produksie daarvan kom met 'n ander stel omgewingsprobleme.

Gewoonlik gemaak van wit denne of aspen, vereis matches die vernietiging van bome.
’n Gemiddelde aspenboom kan 1 miljoen vuurhoutjies skep en alhoewel dit dalk na baie klink, word dit 'n taamlike groot getal wanneer jy dit vermenigvuldig met die aantal wat elke jaar geproduseer word.

Daar word beraam dat 500 miljard vuurhoutjies elke jaar in die VSA alleen gebruik word, dit sou gelykstaande wees aan 500 duisend gemiddelde grootte Aspen-bome wat elke jaar afgekap word net om vuurhoutjies vir die VSA te produseer.

Wêreldwyd sal hierdie syfer waarskynlik baie veel groter wees omdat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word sowat 15 miljard sigarette wêreldwyd elke dag gerook.
So as elke roker hul sigarette met vuurhoutjies sou aansteek, sou dit gelykstaande wees aan ongeveer 15 000 bome wat elke dag afgekap word.

So disposable gas lighters is ontwerp om weggegooi te word nadat die gas op is, en 'n metsie stokkie kan net eenkeer gebruik word, nou hoekô ditch ossie die disposable options en probeer ander opsies instead?

Rechargeable lighters
Anders as 'n R2 of R3 lighter, benodig 'n rechargeable lighter 'n bietjie elektrisiteit om funksioneel te wees, maar anders as gewone gas lighters, kan dit 200-300 keer gebruik word voordat dit herlaai moet word.

Hulle is vlamloos, so dit is veiliger om te gebruik as gasaanstekers en kan deur USB herlaai word. Hulle is maklik om te gebruik en werk net deur op 'n knoppie te klik.
Dit aktiveer 'n klein elektriese boog tussen twee keramiekelektrodes, wat 'n punt skep waar jy 'n kers, sigaret of vuur kan aansteek.

Refillable gas lighter
Alhoewel dit nie perfek is nie, is hervulbare gas lighters 'n planeetvriendeliker alternatief vir weggooiaanstekers omdat hulle gewoonlik van koper gemaak word en kan weer en weer hergebruik word en kan 'n leeftyd hou.

Daar is dalk 'n beter opsie as die weggooi lighters, maar soos weggooibare lighters gebruik refillable gas lighters butaan, 'n chemiese verbinding wat tydens aardgasverwerking en petroleumraffinering geproduseer word.

Butaan word vervaardig uit eindige hulpbronne wat uit die aarde ontgin moet word, 'n proses wat besoedeling van water en skade aan menslike gesondheid kan veroorsaak.

So dink weer voordat jy die lighter net iewers smyt.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.