Daar is geen leierskap innie "colored" community - Neil de Beer
Die onderhoud wat "Stan" van die Cape Flats Stories met die die CCC en die nie so bekende UIM partye gehad het was meer van 'n gesprek wat oor Gayton Mckenzie en dit wat dit werd was om te kyk in die eerste 30 munite.
Dit was 'n gesprek wat in die eerste helfte gehandel het oor 'n video wat die UIM se Niel De Beer regstreeks op sy Facebook blad uitgesaai het.
In die clip loop "coloreds" op die Kaapse vlakte erg deur en word hulle vir algemeen wat dit amper laat voel soos rasisme op baie dun ys.
Stan open die gesprek deur vir die UIM leier 'n deel vannie Facebook post te lees wat die Patriotic Alliance wat ook na die gesprek uitgenooi was, maar nie respond hettie se leier Gayton Mckenzie op sy blad geskyf het.
In De Beer se response pull hy 'n Malema en ontken hy dat hy ooit "Coloureds" insult het (al is dit op video) en sê hy het gangsters barbare genoem en nie "Coloureds" ni al is dai einste gangsters van wie hy praat Bruin.
Neil De Beer, Leier van die onbekende UIM party wat glo Bruinmense moet "gem*er raak onder 'n UIM government". FOTO: Google
Volgens die ou NP lid be staan "Coloured" leierskap ook nie in die Bruin gemeenskap nie.
Nie net ontken hy die leier van die party wat hom support nie, Hy sien oekie vir Mckenzie wat op 'n verskoning aandring nie.
Die Ou gaan voort deur te sê dat hy en sy 23 anne tjomies die strate van die Cape Flats met 'n bulletproof vest en 'n gun vir 2maande patrol het.
Nie net moet Bruin mense dit onthou nie, hulle was ook remind dat hy tonne kos in die hul areas distribute omdat mense glo honger is.
Nadat Hy nie veel kon sê oor die PA nie raak hy onbeskof en eindig hy deur vir Gayton voetsek te sê en hy (neil) sal glo vir Gayton 2g data koop sodat Gayton die volle video kan kyk.
Dit blyk of Niel geen respek vir Bruinmense of hul leiers het nie en dat hy kos gebruik om desperate mense eenvoudig net te kan abuse met volle ondersteuning van a Bruin leier Fadiel Adams.
Fadiel Adams leier vannie Cape Coloured Congress ondersteun De Beer 100 percent en voel dat die PA aandag soek. FOTO: Google
Toe dit Fadiel se beurt was kon die leier van die CCC homself nie keer nie en sing toe vanaf dieselfde gesangboekie as die van Niel wat volgens hom net die waarheid praat en stel eerder voor dat die party wat gangsters support (die nou die PA) moet ophou met cheap politics en eerder hul werk begin doen.
Clearly is Adams gevang omdat dit net nie sin maak nie dat hy sulke rasisme probeer goed praat nie.
Dit maak nie meer saak hoe kort die uittreksel is nie, die feit dat Niel gesê het wat hy gesê het in daardie minuut en 'n half is evident van 'n an abusive NP regime wat hy sal los laat in die Bruin gebiede sou hy die pressie wees wat ons almal natuurlik weet net 'n pyp droom is.
En die dat hy weier om te apologise is net 'n nog bewys van sy white supremacy ideologie waarna diegene vir wie hy kos voor voorsien maar net aan gewoont moet aan raak.
Nou wonder Ek hoekom Adams verkies om eerder met Niel te side en sy broer te verswak? Dit kannie net die kos delivery issie, dit moet iets dieper wees.
Dit blyk na wat daagliks innie community tussen veral Kaapse Inboorling afspeel.
Dis waar meerderheid nie daarvan hou wanneer 'n broer of sister innie straat bietjie beter vaar of vinniger voorentoe beweeg nie.
Is waar somige gedurig diegene afdruk wat iets probeer aanpak om ander tevrede te stel.
Baie sal eerder hulself in die voet skiet net om 'n punt te probeer bewys, maak nie saak wie sal baat vind deur hul optrede nie.
Solank hulle hul broer of sister kan verswak is hulle tevrede met die bietjie of die min of selfs met niks.
2024 is om die draai en die Patriotic Alliance se social media Baiza behoorlik nie, die ander twee, wel Ek weet nie.
Die CCC moet regtig besin oor hulle way forward en gou regroup en weer begin visible en radikaal raak soos voorheen.
Die leiers dien nou in council en die social media followers het still geraak.
Die CCC se councilors maak glo warm innie city council volgens hulle vrin Niel De Beer, maar wat gebeur op die grond?
Inelkgeval die mense soek aksie, hulle soek hulle leiers oppie grond en dit is waar Gayton, Kenny en Marlon-hulle munt uitslaan.
Dai mense Baiza nie, hulle staan terug vir niks!
Ek kannie glo Niel huil nou nog oor Boesak nie terwyl Mckenzie2024 wink nie?
Ons het leiers, goeie leiers met hulle Harte wat klop vir hulle mense. Ons LEIERSKAP steek regoor die Wes-Kaap vanaf Vredendal tot Beaufort Wes, Kaapstad tot Plettenberg Baai.
Hy het dit dalk nie intentionally bedoel nie, maar hy het die goete gesê.
Maar jy voel miskien anders.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking