'Capeans moet vir PA, CCC en GOOD vote' - McKenzie

As jy ooit gewonder het of daar regtig iemand is wat Bruinmense se issues op die hart dra en regtig omgee soveel dat hy sy eie kop op 'n blok sal sit om sy mense se leiding tot eindig te bring is dit niemand anders as Gayton Mckenzie, die leier van die Patriotic Alliance nie.

Naarheidwaarheid se respect wat vir Gayton McKenzie was het hierdie week met nog a notch increase toe die leier van die Patriotic Alliance die volgende op sy Facebook post:

"People on the Cape Flats should vote for the Patriotic Alliance, if they don’t wanna vote for us, pls vote for CCC or GOOD."

Die firebrand leier wat belowe om dinge regtestel vir veral Bruinmense remind Kaapenaars oppie flêts dat hulle kinders daagliks dood en dat daar geen werk vir hulle issie.

"Our children are dying, there are no jobs, these people basically don’t care about us. We can’t forever complain, this is our moment to remove them." Skryf McKenzie, die president van 'n sogenaamde "klein party" wat alreeds twee wards vroër in Johannesburg by die DA gewen het Lees ook: PA nou in beheer van Eldos en wat kiesers belowe dat daar opgetree sal word teen onwettige imigrante, dat God terug in die klaskamer sal wees en dat veral Bruinmense hul eie ekonomie sal bou en sal baatvind by wat ander bevoordeel as hy in beheer van sake is.

Die man se leierskap is rare. Nog nooit het Naarheidwaarheid gehoor 'n leier van 'n politieke party vra kiesers om vir ander te stêm wat dieselfde battle fight nie, nooit!

Dis soos die ANC wat vir kiesers vra om virrie EFF te stêm indien hulle nie vir die ANC wil stêm nie of soos die DA wat sê stêm asb vir die FF+ as julle nie wil vir ons wil stêm nie.

Dis iemand wat regtig vir sy mense omgee en hul omstandighede wil sien verbeter al is hy nie aan die stuur nie, 'n leier wat regtig eintlik sy sout werd is.

Gayton Mckenzie en Kenny Kunene se 'Patriotic Alliance' is in pas met die party se visie.

Patriots ons moet huis toe kom, 'n aliansie vorm en saam aan ons toekoms begin bou.

Ons kan verskillende partye wees, maar tog veg ons dieselfde stryd, so hoekom teen mekaar veg en nie maar eerder skouer aan skouer saam teen die vyand baklei nie?

Kô ons wees eerlik met ons mense en volg Mckenzie se voorbeeld. Verduidelik vir jou familie, vriende en bure dat daar ander partye ook is wat wag om vir ons regte te veg indien hulle onseker is om vir die party wat jy ondersteun te stêm.

Gaan Maandag uit en trek asseblief jou kruisie langs die party wat jou belange op die hart dra en glo my nie die DA, FF+, ACDP, NFP, ANC-EFF of eenige ander party behalwe een met 'n Bruin leier aan die stuur dra jou belange op die hart nie met die uitsluiting van Patty Pat se GOOD4Blacks Party natuurlik.

Jy voel dalk anders

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

27April 1994: Invasion Day Round2, Census 2022, "Coloureds" is nie meer majority innie Kaap nie.