Word die DA se "coloreds are too incompetent to be leaders" indirek deur die CCC support?

Geordin Hill-Lewis (links), die burgemeesterskandidaat van die DA-stad Kaapstad, is nie afgeskrik deur die “klein beledigings” nie. Fadiel Adams (regs) voel hy is die mees geskikte persoon om as Mayor vir Kaapstad onder die CCC vandel te dien.

Dis plaaslike verskiesing seisoen en as alles volgens plan vir die party inbeheer van Kaapstad verloop, sal die burgermeester na Oktober defnitief nie ou Dannyboy wees nie, maar wel 'n ou wat net weereëns die DA se diskriminasie teenoor die oorspronklike inwoners van Kaapstad oftewel "coloreds" confirm.

Maar dis nou as daar ooit 'n verkiesing gehou gaan word...

Kaapland (Wes-Kaap, Noord-Kaap en Sarah Baartman district munisipaliteit) en die res vannie land moet volgens Suid-Afrika se grondwet in Oktober 'n plaaslike verkiesing hou.

Maar as die ANC dit kon uitgestel kry, seker tot wanneer hulle ge-organise is om te kan deel neem, sou die party in beheer van die land verkies het om nie stêmbus toe gaan nie.

Beide die amptelike opposisie die DA en die ANC se land-occupying venoot, die EFF kyk daarna om die ruling party se aansoek in die verkiesingshof om die verkiesingskedule se rooster te wysig teen te staan.

Dit volg op die aankondiging van die ANC dat hy die verkiesingshof sal nader omdat die stelsel wat deur die OVK ingestel is vir die registrasie van wyksraadslede se kandidate, nie op standaard is nie.

So beteken dit dat bestuur by die OVK nie voldoen tot op standarde nie?

Inelkgeval...
Volgens Dessie Duarte die ANC se tweede inbevel het tegniese "foute" in die stelsel die party ontwrig om sy reg om sommige kandidate vir wyksraadslede te registreer teen laas Maandag se spertyd om 21:00 uit te oefen.

Maar daar gelaat, die fokus is op die Wes-Kaap waar die meerdeheid stêm geregtigers sogenaamd "Colored" is en waar die ANC-EFF gesorg het dat daar genoeg "migrants" vanaf die Oos-Kaap, KZN en Suid-Afrika se onamptelike 10de provinsie, Zimbabwe nou grond hier besit oftewel beset, natuurlik vir genoeg stêmme om nie net in beheer van die stadraad te wil wees nie, maar ook van die provinsie en dan sodoende hul een party staat kan bewerkstellig soos hul Chinese masters dit doen.

Maar dis die kandidate lys van die twee partye wat ek dink wat mekaar die stryd gaan aan sê hier in Kaapstad wat baie intresant lyk.

Die DA wat in beheer is van Kaapstad en sterk teenkanting vanaf die Cape "Colored" Congress (CCC) kry voel dat hul geliefde Baas-Boytjie Dan Plaatekop net genoeg was om 'n rugraatlose Bruin puppet te wees en stel voor dat 'n 35jaar oud wit man (met 'n CV wat skrik vir niks), Kaapstad se mayor moet word.

En die CCC?
Wag vir dit...

Dis niemand behalwe as Fadiel Adams nie!
Die Cape "Coloured" Congress met erge sosialistiese neigings en wat gebuk gegaan het onder leiers en lede wat voel Gayton McKenzie se Patriotic Alliance is 'n beter opsie, het besluit dat hul party president die beste en seker die mees gepaste "kleurling" is waarmee die CCC kon voorendag kom om as Mayor van Kaapstad te dien. 

Dis soos Ace Magashule, die ANC secretary general wat homself beskikbaar stel vir die presidensie en daar is niemand hoër as hy om 'n oogie oor hom te hou nie of soos aunty Zille was gedurende haar termyn as premier ook as die mayor van Kaapstad gedien het!

Watookal, die feit is, die CCC skeur tog bladjies uit die DA se boekie al word die party in beheer van Kaapstad so gehaat deur Fadiel en die res van ons wat weet wat 'n useless party die Zionist DA eintlik is, hoetewel dit tog lyk asof die DA se "coloreds are too incompetent to be leaders" se ideologie dalk waar kan wees, sien dat die einste "kleurling" party ook nie 'n kandidaat met kwalifikasies kan voorstel nie.

Is daar regtig geen "coloured" wat voorheen in 'n bestuurs post in die stadsraad of die privaat sektor gedien het wat die DA se kandidaat kan teenstaan behalwe op grond van ras nie?

Kan die CCC asb weer deur al dai CVs gaan wat hulle in Mitchell's Plain collect het? Ek is seker daar is iemand!

Dis nie al nie, volgens Adams se online party poster will hy Suid-Afrika voorentoe neem as hy die Mayor van Kaapstad word. 

Suid-Afrika! Jyt reg gelees, Suid-Afrika! Brother, die Kaap nodig jou aandag, nie Suid-Afrika nie!
En so vêr ek kan onthou is mayor en presidensie twee verskillende poste.

Inelkgeval die ou glo steeds dat hy Suid-Afrika gaan regruk met 'n "colored" party met minder lede as die 10% wat "kleurlinge" verteenwoordig volgens die nasionale bevolking data waarvan die helfte nie stêm geregtig is nie en waarvan die helfte van diegene wat wel kan stêm eenvoudig net nie belangstel om te stêm nie.

Met dit gesê word daar gedurig ook vanuit die ANC se political boekie blaaie geskeur.
Nie net weëns die racist tones wat na die "soft target" wit gemeenskap gegooi word nie, maar die party se houdings blyk of die organisasie dieselfde paaitjie wil loop om net nog 'n ANC-like cadre empowerment program te word vir ongekwalifiseerde partylede wat die Kaapse mense duur gaan kos, sou die party in bewind kom.

En diegene wat will argument dat Ek vekeerd is en dat jy nie kwalifikasies nodig het om te dien nie het natuurlik geen benul wat die laaste 28jaar hier plek gevat het nie en is natuurlik nog te lug in hul political kiembies om eenigsins hieroor te kan debateer.

Ons weet almal waar het "cadre deployment" Suid-Afrika op nasionale vlak gebring en ons kan regtig nie dieselfde paaitjie loop hier in Kaapstad nie.

Ek doen dis 'n beroep op ons mense om regtig goed te besin oor waar hulle hul kruisies gaan trek. Die DA en die ANC-EFF moet regtig nie eers oorweeg word nie, so-ook nie die DA se aliansie vernote die ACDP en VF+ nie.

Good moet ook nooit 'n opsie vir 'n Kapenaar wees nie, Patty het bewys aan wie se kant sy regtig is, en dis beslis nie jou en my kant nie.

Die Cape Coloured Congress is ook nie jou eenigste BRUIN opsie nie, daar is grootes soos die Patriotic Alliance en ander kleiner partye wat ook wil stêm dik maak namens Kaapse inboorlinge.

Jy voel natuurlik anders.

Comment • Like • Share

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

Hernoem Stad Kaapstad na sy indigenous naam //Hui !Gaeb: Hiers hoekom.