Die Boeties, die Siesies, KZN ennie ANC party list

Om mekaar om te skiet vir 'n ticket oppie graveytrain issie ANC se manier van 'n demokratiese stelsel. Foto: Theconversation

Daar is groot probleme by LOOTuli house waar die oppressor sukkel om finansieël bo water te bly, terwyl die boeties en siesies mekaar in Kwazulu-Natal omskiet, nes die gangsters wat hulle die kind op die Kaapse Valkte noem.

Die African National Criminals se paleis is besig om inmekaar te tuimel.
Dinge is so uit hand uit dat daar nie eers meer geld oor is om virrie low level gravytrain riders 'n ticket te koop nie.

Die eens magtige ANC is nou besig om geldjies van hul arme supporters te vra - Hoekom elke parliamentarian, minister, mayor en ander ANC verrykes nie elk net 'n 10% paycut kan vat nie inplaas van bedel by hul ondersteuners verstaan ek nie.
Of hoekom nie 10% demand vanaf al die ANC tenderentrepreneurs en die BEE millionaires nie inplaas van mense lastig val wat jy voel R350 is genoeg voor is om te kan oorleef.
Hul crowdfunding op groepe is pateties!

En dis nie al nie, dis weer silly season en die ding ruk innie KZN waar die cadres van mekaar geweldadig onslae raak.
Die komunistiese organisasie wat as demokrate paradeer om natuurlik nie teenstrydig met die land se grondwet voor te kom nie se vereikte president wat 'n capitalist is moet nou die gemors van skelme Zoempie skoon maak.

Suid-Afrika behoort aan die Chinese, maar Cyril vry na die Weste. Dis een groot gemors!

Ons word regeer deur 'n Komunistiese Party wat in beheer is van ons demokratiese stelsel wat die land se dual-capitalist economy na sosialisme wil verander.
Dis word daar nou R350s uitgedeel en nie 'n klimaat geskep word om die ekonomie te laat groei nie sodat werksgeleenthede kan geskep word nie, nee ons almal moet ewe arm wees en niks privaat besit nie.

Hul sosialisme is oral in werking. Vanaf ons love-hate taxi industry wat gedurig geweldadig onslae raak van kompetisie. Tot die skool bank waar Sipho net 30% benodig om te slaag terwyl Leslie moet sweet. BEE waar Thando 90% superiority geniet om 'n werk in Fadeelah se majority Bruin Wes-Kaap te kry. So-ook met AA, Sport kwotas, forced integration, landgrabs, cadre deployment and the works!

ANC ondersteuners voel hulle hoef nie kompeteerend te wees nie, moet alles verniet kry en hoef nie hard daarvoor te werk nie, maar moet goed beloon word vir die bietjie wat hulle uiters swak gedoen kry.

Dis kan die ANC nie 'n demokratiese organisasie wees nie en dis hoekom dinge so lelik raak gedurende verkiesingstye veral in die party se grootse streek, KZN.

'To hell democracy, I will shoot my way onto the party list'. Dis die kultuur wat die ANC vir jare tuister en dis kan niemand individually uitgewys word as die sondebok agter die ANC se duidelike agteruit gang nie, wat natuurlik lei tot die vermindering van kompenteerende poste waaroor die ge-oor en weer skietery eintlik gaan.

Politieke moorde woed nou al vir jare in KZN, dis so te sê deel van die provinsie se kies stelsel.
Maar wat die laaste paar weke daar plek vat is wat die tonge behoorlik laat klap.

Police Minister Bheki Cele het die 14de September 2020 huise van victims en crime scenes besoek.

Sy soveelste PR stunt volg nadat daar op 'n groep mense wat buite 'n primêre skool in Inanda, Durban gewag het om vir 'n ANC raadslid te stêm geskiet was waarin iemand se ma, se dogter, se ouma of se sister gesterf het en vyf ander beseer was.

Wie gaan skiet op mense wat hul demokratiese reg will uit beoefen waarvoor hulle so hard geveg het? Ander demokrate? Nooit! Net Anti-demokrate doen dit! Terroriste! Cowards moor onskuldige mense!

Terwyl die plaaslike verkiesings in 2011 en 2016 in 'n betreklike vreedsame atmosfeer in die grootste deel van Suid-Afrika plaasgevind het, het die peilings in KwaZulu-Natal gepaard gegaan met geweld en moord op leiers en kandidate.

Die polisie het ten minste 33 politieke moorde in die provinsie aangeteken tussen Januarie 2016 en Junie 2017 en guess wat sê die ANC se KwaZulu-Natal provincial chairperson and Premier Sihle Zikalala vir die media... “Mostly, what we have seen were appeals, where members went to the provincial list committee. Yes, in instances there were marches to the office, but we never expected that in the voting process of the ANC there [would] be someone who [would] come and shoot and kill people like this” - as of daar nog nooit politieke moorde was nie.

Alhoewel 'n paar leiers en raadslede van die Inkatha Freedom Party (IVP) en die National Freedom Party gedurende die ondersoek tydperk vermoor is, het die meeste aanvalle verband gehou met die ANC. Dis word daar dikwels verwys na intra-party moorde, omdat hulle vermoedelik te doen het met die na jaag om posisie binne die regerende party.

Die moorde het voortgeduur nadat die Moerane-kommissie van ondersoek deur die destydse KZN-premier, Willies Mchunu, in Oktober 2016 ingestel is om politieke moorde in die provinsie sedert 2011 te ondersoek - As die Bruin kind oppie Flêts se lewe nie so betekenloos was vir hierdie DA regeering nie, sou 'n soort-gelyke kommisie om die Kaapse killing fields te ondersoek seker ook lankal hier ingestel word.

Met die skietdood van die vroue vrees die plaaslike inwoners nog moorde tot aanloop tot die November 1 peilings en die premier sê: "The ANC had been working to identify areas that were hotspots in terms of “contestation within the movement” and in terms of “inter-party”, conflict and to ensure that the South African Police Service (SAPS) was “fully briefed” on the situation. In areas of “serious campaigning” or other political activities identified as contentious, the police would be expected to be “more visible” and ensure that gatherings were protected" het Zikalala gesê.

Hoopelik sien ek nie meer KZN police hier op die Kaapse Vlaktes patroleer nie en is hulle nou druk besig om in KZN ANC ondersteuners op te pas.

Die probleme in KZN en die ANC se finansies is nog early days vir ou Cyril as hy nie die ANC skip vinnig terug op koers stuur nie. Maar jy voel natuurlik anders.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

06 April - Invasion Day: Die KhoiKhoi - Dutch oorlog

"Europe's darkest hour since WWII" - German Chancellor. Waaroor is Putin so obsessed met Ukraine?

Hernoem Stad Kaapstad na sy indigenous naam //Hui !Gaeb: Hiers hoekom.