Tronk is jou naam as jy jou kind vir geen rede by die huis hou - Nuwe Education Bill
Ouers kan tronk toe terwyl kinders binnekort gejab moet wees om skool te kan bywoon. Die Departement van Basiese Onderwys het 'n summary van sy Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette gepubliseer, wat binnekort vir openbare kommentaar gepubliseer sal word. Die wetsontwerp (bill) stel verskeie nuwe regulasies rondom skole innie land bekend, veral bykomende rules om skoolhoofde, ouers en beheerliggame aanspreeklik te hou vir nie-bywoning. Ander voorstelle hou verband met taalveranderings, gedragskodes en beheerliggame. Die belangrikste voorgestelde veranderinge vir my is: 1. Verpligte skoolonderrig: Die wetsontwerp bepaal dat skoolbywoning nou vanaf graad R verpligtend sal wees en enigeen wat 'n kind verbied om skool by te woon sonder regverdige rede – insluitend ouers, skole of beheerliggame – sal aan 'n oortreding skuldig wees en 'n moontlike boete en/ of tronkstraf kry. 2. Taal : Die wetsontwerp sal aan staatsdepartementshoofde meer mag gee oor taalb...